Showing posts with label digkuns. Show all posts
Showing posts with label digkuns. Show all posts

Friday, March 7, 2014

Wat 'n week...

Tussendeur stofwolke
Bly roepende stemme
deur die deure ongetolke
Stomp dowwe geluide
Wat terg en pla aaneen
Waar ek sit en werk alleen

Soggens op voor hanekraai
Om buite sproeiers oop te draai
Sodat plantjies bietjies kan groei
Tussendeur e-pos en oproep
klientvraag beantwoord
En oor-en-oor verandering aanbring

Wydstaan hoekstaan bakstaan
Vir man en self, vir leef en vergeef
En om my vlugdrang te verdring
Getikte woorde - sinneloos, ongeerg -
kragteloos om uiting te gee
Aan hierdie wilde woeste week

Monday, February 17, 2014

Work in Progress: African rock in Plaster-of-paris shape





Hartland Swartland

landskap hartland
vlaktes van gister se son, wind en weer
oopgevlek vir die toekoms se woeker en weet
van wild leef. 
stilwees.

hartland sandland
oggendwasem wat wegsmelt voor die son
terwyl ons langsaam voorstloer
en uitreik na verre horison

strandland swartskaap
wegvee van my spore deur wind se wieg
en wegdraai en hardloop
na horisonsbedrieg

moederland swartland
my hart lĂȘ begrawe
in die sand van Afrika
met mynskag se sweepslag
in die doodstil oggendmis

- janet botes, 2013

Tuesday, November 20, 2012

Gedig geskryf in Oktober 2012


landskap, hartland
vlaktes van gister se sond, wind en weer
oopgevlek vir die toekoms se woeker en weet
van wild leef en stilwees
en saamwees en lag

strandland, swartskaap
wegvee van spore deur wind se wieg
mynskag se sweepslag in doodstil dag
waar selfs tolbos en sonbesie
doodlĂȘ, wag

moederland, hartland
oggenwasem wat wegsmelt voor die son
waar ons langsaam voorsloer
en reik na die horison
terwyl sand by ons voete
verskroei, versag

landskap, moederland, strandland
gee my krag om te woeker en weet
dat more kan beter wees
kan vreugdevol wees
met oorvloed en vrede
elke dag lag