Sunday, October 23, 2011

Die November 2011 uitgawe van Sarie!


Ek is ingesluit in 'n artikel oor vroue wat 'n deel vir die natuur doen, saam met Riana van Nieuwenhuizen wat bewaringswerk vir jagluiperde doen, en Natalie Rowles wat in Kwazulu-Natal reeds ongeveer 3000 bome verskaf het aan skole. 'n Uitreksel uit my stuk:

"...Maar enigiets wat die moeite werd is, verg vasbyt. Uitdagings bring groei. Elke groen kuns-oorwinning is 'n oorwinning vir die aarde."

Een van die groot redes waarom ek deelmaak van hierdie artikel, is a.g.v. GYA (Green Your Art) wat ek saam met Nicolle Marais as deel van ons Atelaya Art Collective aan die gang hou. Lees meer oor GYA by www.gya.withtank.com.





No comments:

Post a Comment