In stikdonkerte kom ons aan by Koekenaap net nadat Vrydagaand Saterdag geword het, na ons 30 September uit Kaapstad vertrek uit - lekker moeg omdat 7 van ons urelaaaank ge-saamwag en saamstres het oor vervoer uit Kaapstad wat geherorganiseer moes word. DiƩ was natuurlik 'n lekker ysbreker en teen die tyd wat ons by Koekenaap aankom, skraap sommige van ons nog energie bymekaar en drink wyn om die vuur saam met die ander kunstenaars. Die laastes van ons is halfvyf die oggend bed toe...
...net om weer halfnege wakker geroep te word vir brekvis. 15 minutes se snooze, kreun en maak of ek nog slaap, 10 minute op die foon met manlief, 20 minute om dingetjies in die kamer te organiseer en vir my stortbeurt te wag, en 15 minute in die badkamer en toe mis ek sommer ontbyt! 'n Paar vruggies en tee, en toe's ek reg om (nog half-aan-die-slaap) almal te join en te begin skep.
After breakfast we start creating and doing art right away. How exhilarating to be able - and be expected - to work on an artwork with no other immediate responsibility or distraction withig the specific space of time!!
2 Oktober, Sondag
Woorde wat vloei in beelde in
en gedagtes in 'n energiebelaaide lug
wat soos 'n wolk hang oor die kampterrein
hande wat verf, teken, plak, klei vorm en gly oor teksture
stemme wat gons oor herkoms, uitkoms, ontkoms
en ervarings van gister en vorentoe
'n vroegoggendstappie langsaan kanaal, plaas en boorde,
tussendeur bome sandpad en heinings
met kamera klets en voetstap op sand.
No comments:
Post a Comment