Tuesday, February 11, 2014

Waarom verandering goed is vir jou


Weet jy, gewoonlik is ek mal daaroor om nuwe dinge te sien, te leer of te ervaar. Verandering in jou lewe kan wondere verrig vir hoe jy die wêreld rondom jou ervaar en daartoe reageer. 'n Verandering kan so klein wees soos om 'n ander tandepaste te begin gebruik, 'n ander pad werk toe te ry of om 'n appel eerder as 'n peisang as jou wakker-word snack te eet. Of dit kan so groot wees soos na 'n nuwe dorp toe verhuis, trou of besluit om jou hele persoonlike styl te hernu.

Ek het al 'n massa groot en klein veranderinge gemaak in my lewe, wat trek, trou en my werk los om voltyds kuns te doen, insluit. Ek het ook groot en klein veranderinge gemaak in my leefstyl, die produkte wat ek gebruik en die kos wat ek eet. Hier is 'n paar van hulle:

  • Ek gebruik nie seep, sjampoe, tandepaste of ander lyfprodukte wat chemikalieë bevat nie. Hoe kry ek dit reg? Ek gebruik hierdie outjies:



    Earthsap tandepasta |  NatureFresh se Deodorant Body Wash (ek was ook my hare hiermee!) | Hemporium se deodorant roll-on | Ek gebruik ook dikwels Bloublommetjieskloof se produkte, en is mal oor hulle koekies seep met fynbos.
  • Ek eet nie suiker nie, slegs heuning elke nou en dan. Ek sit geen suiker in my koffie, tee, ontbytpap of enige ander kosse nie. So nee, ek het nie 'commercial sweets' en tjoklits nie. Ek eet nou en dan 85% donker sjokolade.
  • Ek eet oorwegend groente, vrugte, neute, sade, slaaie, vis, en eiers.
  • As gevolg van allergieë MOES ek 'n verandering maak in terme van graankosse en suiwelprodukte. Instede van brood, pasta, koekies, en ander koring-of-rog produkte, eet ek rys, aartappel, en deegkosse gemaak met rysmeel, amandelmeel (sjoe, baie duur! net vir verjaarsdae!) en chickpea-meel. In plaas van kaas, melk en jogurt, drink ek sojamelk of rysmelk saam met my glutenvrye muesli. Mens kry ongelooflike lekker neutbotters, en ek het verlief geraak op coconut olie - in slaai, met stirfry, sommer 'n lepelvol terwyl ek kosmaak....
  • Soos jy kan sien, baie natuurlik, baie gesond. So hoe bederf ek myself? Deur dinge te doen wat ek geniet - lees, skryf, movies kyk, stap op die strand, swem in bergpoele, kamp-vakansies. En dan is daar daardie amandelmeel-koek wat mens kry....
So... Ek weet van verandering. Al hierdie bogenoemde veranderinge is dinge wat ek vir myself besluit het - niemand het my so geleer of gedwing nie. En dit voel fantasties. Waarom? As gevolg van die veranderinge wat ek in my lewe gemaak het:
  • Ek voel fisies goed en gesond
  • Ek voel selfversekerd en trots daarop dat ek soveel beheer oor my leefstyl geneem het en soveel verbeteringe aangebring het
  • Omdat ek nie meer 'n werk doen wat my frustreer nie, het ek meer tyd en geduld met my geliefdes. Ek maak minder geld, maar ek is meer gelukkig.
  • Jy leer baie oor jouself
  • Jy leer waarvan jy hou en nie hou  nie (soms maak jy 'n verandering, hou niks van die uiteinde nie, en keer terug na die vorige manier van dinge doen - les geleer!)
  • Jy word meer oop vir nuwe geleenthede en moontlikhede
  • Jy voel meer en makliker vervuld

Watter veranderinge kan jy in jou lewe aanbring wat jou sal gelukkiger laat voel?

No comments:

Post a Comment