Friday, April 4, 2014

Ondersteun hierdie Namakwa-kunsprojek as jy kan!



Onthou jy die Namakwaland werkswinkel wat ek van vertel het? Hierdie is fotos van die voltooide bodymapping werke. Van die deelnemers van die kursus of werkswinkel is: Samenthia Beukes, Magdalena Adolph, Janielle Ockhuys, Albert Visser, Stephan Oortman, Hanna Lott, Elzano Moses, Joslin Kriel, Donovan Stevens, Benita Afrikaner, Waylen Titus.


Die werkskool was aangebied op die plaas "Begin" binne die tafeldruif pakstoor van Nico Greeff.  Deelnemers het gefokus op die tema van hul eie identiteit binne hul gemeenskap.  Die werkskool was aangebied deur Wesland Kunsvereniging en befonds deur die Departement Kultuursake en Sport.  Die gas aanbieder was Garth Erasmus wat op Greatmore Studios van Woodstock se raad dien. Elza Smal, Sharon Pool en Miranda Kruger was assistente.  Daar word beoog om binnekort 'n soortgelyke werkskool aan te bied in Vredendal Noord, waarvoor bevondsing benodig word.  Belangstellendes kan die organiseerder, Des Brand, skakel by 027 2132567 vir meer inligting.


1 comment:

  1. Dit was voorwaar 'n baie goeie projek. Ek glo ons kan meer van die projekte aan bied.

    ReplyDelete